Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Afrikaans’ Category

“Ons besef nie hoe vlietend daai vryheid kan wees nie” – Bettina Wyngaard oor vryheid van spraak

Vuilspel In Bettina Wyngaard se jongste LitNet-rubriek besin die Vuilspel-outeur en PEN Afrikaans-bestuurslid oor die 81ste kongres van PEN Internasionaal wat vanjaar in Quebec plaasgevind het. Die fokus was vryheid van spraak.

“Soms dink ek ons in Suid-Afrika aanvaar vryheid van spraak as vanselfsprekend, iets wat natuurlik daar moet wees,” skryf Wyngaard, en voeg by: “Ons besef nie hoe vlietend daai vryheid kan wees nie.”

Wyngaard voer aan dat demokrasie en die vryhede wat daarmee gepaard gaan breekbaar is en met mag en mening beskerm moet word.

Lees die artikel:

Ons hoef net na Zimbabwe te kyk om te sien hoe delikaat, bros en breekbaar ’n demokrasie is, en hoe vinnig burgers hulself in die hande van ’n despoot kan bevind. Ons kan nie bekostig om met olifantvoete oor ons Grondwet en ons vryhede te loop nie.

Dit maak die gebeure van die afgelope week, met die #FeesMustFall-beweging, so kommerwekkend. Studente wat vreedsaam protes aanteken, word kragdadig hanteer, gearresteer en aangeval. Waterkanonne wat ingespan word, traangas en selfs rapportering van lewende ammunisie wat by UWK gebruik was, bring ’n beklemming om my hart. Die toegewing van die presidensie om nie enige fooiverhoging in werking te stel in 2016 nie, voel soos ’n Pyrrhiese oorwinning. Niks het regtig verander nie. ’n Aankondiging dat die regering groter finansiële steun aan tersiêre inrigtings sal verleen, sou meer betekenisvol gewees het. President Zuma se weiering om die studente toe te spreek of te woord te staan, en sy keuse om eerder ’n aankondiging oor televisie te maak, het waarskynlik bygedra tot die geweld en vandalisme wat Vrydagaand in Pretoria uitgebars het. Niks kan die geweld goedpraat nie, maar ek reken tog dat ’n groot deel van die blaam voor die regering se deur geplaas kan word.

Lees ‘n paar van Wyngaard se jongste artikels, waarin die skrywer nadink oor kwessies soos Open Stellenbosch, Vrouemaand en die wit literêresisteem:

 

Boekbesonderhede


» read article

Order Your Special Limited Edition of Flame in the Snow: The Love Letters of Andre Brink and Ingrid Jonker

Flame in the SnowVlam in die sneeuA special limited edition of the landmark publication Flame in the Snow: The Love Letters of André Brink & Ingrid Jonker is available for pre-order until 30 October, 2015!

In a telegram dated 29 April 1963, 30-year-old Afrikaans poet Ingrid Jonker thanks André Brink, a young novelist of 28, for flowers and a letter he sent her. In the more than 200 letters that followed this telegram, one of South African literature’s most famous love affairs unfolds. Jonker’s final letter to Brink is dated 18 April, 1965. She drowned herself in the ocean at Three Anchor Bay three months later.

More than 50 years on, this poignant, often stormy relationship still grips readers’ imaginations.

In December 2014, three months before his death on 6 February, 2015, André Brink offered these never-before-seen letters, as well as personal photographs, for publication.

Flame in the Snow is also available in Afrikaans as Vlam in die sneeu: Die liefdesbriewe van André P Brink en Ingrid Jonker.

 
More information:

Limited Edition of Flame in the Snow

 

Related links:

 

Book details

  • Flame in the Snow: The Love Letters of André Brink and Ingrid Jonker translated by Karin Schimke and Leon de Kock
    EAN: 9781415208786
    Find this book with BOOK Finder!

» read article

’n Troostante soos min – Sally Andrew gesels oor Recipes for Love and Murder: A Tannie Maria Mystery

Recipes for Love and Murder: A Tannie Maria MysterySally Andrew se debuutroman het al wat leef en beef aan die gons. Internasionale uitgewers het bakhand gestaan om dit te kan uitgee, met Umuzi (‘n Penguin Random House-druknaam) wat die plaaslike eer gekry het.

Recipes for Love and Murder: A Tannie Maria Mystery vertel die verhaal van Tannie Maria – die sagte stem en vurige vroutjie van 50 agter die Klein Karoo Gazette se troostante-kolom. Dinge raak egter vinnig duister wanneer ‘n vrou in die omgewing vermoor word en Tannie Maria betrokke raak in die ondersoek … tot die verdriet van die aantreklike polisieman.

Elmari Rautenbach het by Andrew aangeklop om meer uit te vind oor Tannie Maria, haar resepte en haar manewales. Andrew verklap ook meer oor haar eksentrieke karakter se toekoms en neem ‘n raaiskoot oor haar boek se internasionale aantrekkingskrag:

Jy volg ’n kameelperd se spoor, sê jou eerste SMS, en die sein is nie watwonders nie. Dis nou in die natuurreservaat buite Ladi­smith in die Klein-Karoo, waar jy saam met die wildlewekunstenaar Bowen Boshier woon. Jy was ook tot nou bekend vir niefiksie, baie daarvan met omgewingsbewustheid as tema. Hoekom nou ’n roman?

Ek het begin voel ek brand uit; dat ek ’n rustyd nodig het van die ernstige werk waarmee ek besig was. Fiksie is vir my louter plesier. Ek voel of ek met woorde en temas speel, of ek só skoonheid en gevoelens oproep; ’n stukkie lewe skep.

Jou boek word op sy voorblad ’n “Tannie Maria Mystery” genoem. Dit laat dit soos ’n reeks klink. Is dit? En het jy van die begin af een beplan?

Aanvanklik was ’n reeks meer van ’n moontlikheid as ’n plan. (Ek self is mal oor die lees van reekse.) Maar toe ek Tannie Maria beter leer ken het, het ek besef sy gaan vir nog ’n rukkie met my wees …

Recipes for Love and Murder: A Tannie Maria Mystery word volgende Woensdag in Kalkbaai bekendgestel met Sandra Prinsloo as gespreksgenoot:

 
Lees ‘n uittreksel uit hierdie triomf van ‘n boek en luister na ‘n potgooi van Prinsloo se oudioboek-voorlesing:

 

Boekbesonderhede


» read article

Potgooi: Kirby van der Merwe gesels oor sy vertaling van Karretjiemense en ’n Huis vir Ester

Suzette Kotzé-Myburgh het onlangs met Kirby van der Merwe gesels oor sy vertaling van Carol Campbell se romans – My Children Have Faces na Karretjiemense en Esther’s House na ’n Huis vir Ester. “Dit was twee fantastiese boeke om te vertaal,” sê hy.

KarretjiemenseMy Children Have Faces’n Huis vir EsterEsther's House

 
Oor die vertaling van Karretjiemense sê Van der Merwe: “Die boek het my onmiddelik aangegryp, want ek kon die potensiaal vir Afrikaans sien, want die karakters is Afrikaans en dis ‘n Afrikaanse wêreld. Ek kon in haar Engels sien dat sy probeer het om die Engels bietjie aan te pas om die karakter en die tekstuur van die Afrikaans te gee en die kleur van Afrikaans te gee.”

Oor sy vertaling van ’n Huis vir Ester, vertel Van der Merwe dat iemand eendag vir hom gesê het: “Die tweede boek word in Afrikaans vertaal omdat die eerste een so goed gedoen het.”

“Wat Carol doen is sy kies ‘n deel van ‘n wêreld wat ék gedink het ek ken, en sy het dit oopgeskryf met ‘n verskriklike binnekennis,” sê Van der Merwe.

“Toe jy vertaal het, hoe het jy besluit wat maak jy met die taal?” vra Kotzé-Myburgh oor die verskillende variante van Afrikaans. “Ek wou nie vertaal met interessante oulike woordjies nie,” sê Van der Merwe. “Elke individu en gesinne praat heeltemal verskillend van mekaar.” Hy vertel meer oor die woorde en spelling wat hy gebruik en vermy het in die vertalingsproses en hoekom. “Ek kon eintlik daai karakters hoor praat.”

Die gesprek begin om 05:10. Luister na die potgooi:

 

Boekbesonderhede


» read article

Don’t Miss the Launch of Power Play by Mike Nicol with Angela Makholwa at Love Books

Invitation to the launch of Power Play

 
Power PlayWoesUmuzi and Love Books would like to invite you to the launch of Power Play (Afrikaans: Woes) by Mike Nicol.

In Power Play Krista Bishop runs a security agency, for women only. Until she gets acall she can’t refuse from the government spooks: guard two high-profileChinese businessmen. What Krista isn’t told is that the Chinese are mopping up the richlyrewarding abalone poaching business. They want it all, from shore to plate. A takeover that will kick three Cape Town ganglords – known as theUntouchables – out of business and destroy their luxury lifestyles.

Nicol will be speaking about his latest crime thriller with fellow author Angela Makholwa. The event takes place at Love Books on Tuesday, 6 October, at 6 for 6:30 PM.

See you there!

Event Details

  • Date: Tuesday, 6 October 2015
  • Time: 6 PM for 6:30 PM
  • Venue: Love Books
    The Bamboo Lifestyle Centre
    53 Rustenburg Road
    Melville | Map
  • Interviewer: Angela Makholwa
  • RSVP: kate@lovebooks.co.za, 011 726 7408

Book Details

Book details


» read article

Lees uittreksels uit Vlam in die sneeu, André P Brink en Ingrid Jonker se versamelde liefdesbriewe

 
Flame in the SnowIn November verskyn ‘n baie belangrike stuk Afrikaanse literêre geskiedenis by Umuzi:

Die briewe wat die ontslape skrywer André P Brink en die digter Ingrid Jonker aan mekaar geskryf het toe hulle in die vroeë sestigerjare ’n liefdesverhouding gehad het.

Met Vlam in die sneeu, en Flame in the Snow in Engels, kry lesers ‘n intieme blik op een van die mees bekende en onstuimige liefdesverhoudings in die Suid-Afrikaanse skrywersgeskiedenis. Die briewe onthul nie net hul troetelname en die dinge waaroor hul gedroom en gestry het nie, maar ook hul onderskeie gemoedstoestande tydens hul verhouding wat drie maande voor Jonker se selfmoord tot ‘n einde gekom het.

Brink het kort voor sy sterfte die briewe aan Umuzi voorgelê vir publikasie. Die projek is onlangs hervat deur sy letterkundige weduwee Karina M Szczurek met hulp van Leon de Kock, Karin Schimke en Francis Galloway.

Netwerk24 het ‘n uittreksel uit Vlam in die sneeu gedeel. Lees twee van Brink se briewe aan sy “Liefling-Kokon”, die man wie sy “so verskriklik nodig, té nodig” gehad het; en een van Jonker waarin sy vir haar “liefste André” vra, “Liewe skat, ons moet regtig meer lag”:

My liefste André

Dankie vir jou brief wat net nou so skattig in my deur gesteek het toe ek tuiskom belaai met pakkies, dis baie sonnig op straat en gemaak vir daardie dag in die veld of die duine. As die wit volksie hier was, sou ons kon uitry na Stellenbosch of Paarl, of Houtbaai?

Het jy my mismoedige brief van Donderdag gekry? Jou brief van vanoggend is baie duidelik en ek verstaan volkome hoe jy voel, my skatkind. En tog …

Ek het jou oor die telefoon en in my brief vertel van Jack ­[Cope] se besoek, en wat ek aan hom gesê het, dat jy my wil kom sien, en sy reaksie. Sedertdien het ek hom nie weer gesien nie, en toe ek gister vriendskaplik bel, vra hy: “How are the matrimonial plans going?” Dis ook gevolg. En die gevolge word al meer en meer, en die gevolge in ons sodat jy later miskien hoegenaamd niks daar op Grahamstad sal kan red nie. As dit vir ons albei net ’n avontuur was (want dis óók ’n avontuur) sou alles natuurlik minder ingewikkeld gewees het. Maar ik zal bij jouw [je] blijven. Omdat ek moet en omdat ek wil en omdat dit nie anders kan nie en omdat jy my kosbare ontdekte skat is en omdat jy my liefhet. “The moment you are influenced you are corrupt[ed].” Dis wat Tolstoi sê, en dáárom waak ek soos ’n leeu oor haar kleintjies, oor jou in my. En daarom miskien spot Jan [Rabie] my gisteraand, “Liewe hemel, Ingrid, as ek André Brink se naam noem, verander jou uitdrukking!”

 

Boekbesonderhede


» read article

“Luister na die redakteurs” – Dalena Theron se raad aan aspirantskrywers

Huisies van papierThe Paper HouseDalena Theron het met Beyers de Vos van LitNet gesels oor haar debuutroman, Huisies van papier. Sy het dit oorspronklik in Engels geskryf – gepubliseer by Umuzi as The Paper House – en toe self die vertaling daarvan aangepak.

Tydens die onderhoud gesels die jong skrywer onder meer oor die inspirasie vir haar buitengewone roman (dit vertel van ‘n dogter wat by haar twee pa’s woon, ‘n eerste in Afrikaans), haar skryfproses en skrywershelde.

Theron deel ook raad vir aspirantskrywers: “Ek is geensins ‘n ervare skrywer nie, net ‘n gepubliseerde een. In daardie opsig is my enigste raad dus: luister na die redakteurs. As jy dit kan bekostig, vra ‘n professionele redakteur om jou roman se taalversorging te doen vóór jy dit vir die uitgewer stuur.”

Lees die artikel:

Wat was die inspirasie vir jou roman en wat het jou die moed gegee om uiteindelik pen op papier te sit?
Inspirasie vir skryf kom van oral – mense se stories en my eie liefde vir KwaZulu-Natal, waar die boek se storie geleë is. Daarby het ek gevoel dat die storie van ‘n gesin met twee pa’s of twee ma’s iets is wat oopgeskryf moes word in Suid-Afrika.

Ek wou hê mense moet besef dat daar meer as een stem is in sulke gesinne – nie net die gay ouers se stem nie, maar ook die kind s’n – en die ouers se ouers s’n.

Ek het nie moed nodig gehad vir die storie nie; dit was vir my vanselfsprekend – ‘n storie wat lankal bestaan – hy was nog net nie behoorlik vertel nie. Ek het wel deursettingsvermoë nodig gehad – dis soms moeilik om aan te hou as jy deur moeilike stukke skryf.

Boekbesonderhede


» read article

Die hartstog van André P Brink en Ingrid Jonker – “Dit is aangrypende leesstof”

Flame in the SnowDie nuus dat die briewe wat die ontslape skrywer André P Brink en die digter Ingrid Jonker aan mekaar geskryf het binnekort gepubliseer gaan word, het soos ‘n veldbrand versprei.

Die opwinding rondom Vlam in die sneeu, Flame in the Snow in Engels, heers nie net plaaslik nie, maar ook in Nederland en Engeland. Elmari Rautenbach het by Brink se vrou Karina (Karina Magdalena Szczurek), aangeklop om te gesels oor die literêre geskiedenis wat in hierdie wisseling vasgevang is. Sy vertel “Brink het dikwels die wens uitgespreek om die briewe te publiseer, maar nooit gevoel die tyd is reg nie” en sê dat haar werk aan dié projek vir haar enorme troos gebring het na sy dood. Brink het drie maande voor sy sterfte reeds met die proses begin, en daarom is die publikasie slegs die voltooiing van sy wens.

Rautenbach het ook met Leon de Kock – wie Brink se woorde vertaal het – gesels oor Vlam in die sneeu. “Brink skryf asof hy ’n groot gehoor agter die skerms in ­gedagte het, en die literêr-historiese gegewens is deurweef met persoonlike detail, met ‘Bartho’-dit en ‘Jan [Rabie]’-dat, hoe ‘Uys [Krige]’ kwaad is vir hulle, hoe jaloers Brink is op ‘Jack [Cope]’, en in watter mate Brink ’n renons het in ‘Bill [W.A. de Klerk]’ se beweerde skynheiligheid, ens,” vertel hy. Karin Schimke was verantwoordelik vir die vertaling van Jonker se woorde.

Lees die artikel:

Sy was sy “Kokon”; hy was haar “Liefsteling”.

Vir twee jaar het die jong skrywer André P. Brink en die digter Ingrid Jonker vir mekaar geskryf, passievol, soms daagliks, soms in lang groetetelegramme omsoom met proteas. Hy was in Grahamstad, verbonde aan die Rhodes-universiteit; sy in Kaapstad.

Dit was juis dié hartstog, maar ook hul jeug wat ’n mens vandag so ontroer, sê Karina Szczurek in haar stil huis in Rosebank. Sy praat van haar man, André P. Brink, se briewe 50 jaar gelede aan Jonker.

Willem de Vries het met Fourie Botha, uitgewer van hierdie belangrike boek, gesels. “Dit is aangrypende leesstof,” sê hy oor Vlam in die sneeu wat in November verskyn.

Lees die artikel:

Fourie Botha, ’n uitgewer by Umuzi, sê die laaste keer dat hy Brink by sy huis besoek het, het Brink die briewe aan hom gewys. (Voor sy dood op 6 Februarie was Brink besig om aan ’n roman met die titel Goudstof te werk.)

“Die waarde van hierdie versameling is om te sien hoe twee van ons literêre helde as ’t ware lewend word op papier,” sê Botha.

Boekbesonderhede


» read article

“Die tyd vir suutjies praat is finaal verby” – Bettina Wyngaard oor kerke, medelye en Augustus

Bettina WyngaardVuilspel Augustus word in Suid-Afrika gevier as die maand van die vrou. In kerke, vernaam die Anglikaanse denominasie, is dit die maand van medelye. Maar met wie, vra Bettina Wyngaard in ‘n rubriek vir LitNet.

Die konteks waarin kerk vandag plaasvind behoort barmhartige aksies te ontlok, sê die aktivis en outeur van Vuilspel. Wyngaard spreek haar misnoë uit oor die belaglike sake waarmee “die kerk” hulself besig hou – soos vakansiedae en of blankes en nie-blankes saam kan aanbid – eerder as om standpunt in te neem teen belangrike kwelpunte. Sy skryf:

“Xenofobiese aanvalle, geweld wat hoogty vier, verkragtings, moorde, bedrog, owerspel, skinder, magsvergrype binne die kerk, terwyl die kerk handjies vou en stilbly.”

Waar is die medelye? Waar is die medemenslikheid? Waar is die aksies wat deur liefde, en nie statusbewustheid en gemak, gedryf word? Hoekom het mense nie aktief hul naaste lief nie, soos Jesus beveel het? Hierdie is maar slegs ‘n paar van die vrae wat deur Wyngaard se rubriek gevra word.

Lees haar artikel:

Maar wat doen ons kerke vandag? Ons grootste bekommernis is dat christelike vakansiedae afgevat gaan word. Godsdiens is alreeds uit skole, sonder ’n “bang of ’n whimper”. Ons kerke wil hande vat met die regering en hulle probeer oorhaal met mooi woorde. Ons wil suutjies praat, en nie die regerende party se argwaan op die hals haal nie – netnou noem hulle ons name.

Suutjies praat is stront praat. (Dalene Matthee, Die uitgespoeldes)

Die tyd vir suutjies praat is verby. Daar is te veel heilige koeie wat los rondloop en wat kan doen met ’n goeie slagting. Baie Christene loop rond met armbandjies wat vra: WWJD? What would Jesus do? Ek vermoed as Jesus die kerk van vandag so kyk, sou hy gaan sit, ’n swepie vleg en die skynheiliges met geweld uitboender. Hy het al.

Boekbesonderhede


» read article

Versamelde liefdesbriewe van André P Brink en Ingrid Jonker in November beskikbaar

In November vanjaar publiseer Umuzi die briewe wat die ontslape skrywer André P Brink en die digter Ingrid Jonker aan mekaar geskryf het toe hulle in die vroeë sestigerjare ’n liefdesverhouding gehad het.

Brink, wat voor sy dood aan ’n roman met die titel Goudstof gewerk het, het die korrespondensie tussen hom en Jonker drie maande voor sy dood vir publikasie aangebied.

Jonker se oorspronklike briewe, saam met afskrifte van Brink se briewe aan haar, is vir meer as vyftig jaar in bruin koeverte in die skrywer se studeerkamer bewaar. Die versameling dokumente sluit onder meer telegramme en weergawes van Jonker se gedigte in en sal in die toekoms aan navorsers beskikbaar gestel word.

Karina Brink, letterkundige en weduwee van Brink, het die briewe in chronologiese volgorde gerangskik en geskandeer, waarna dit deur ’n huisvriend en voormalige student van Brink, Erika Viljoen, oorgetik is.

Die boekhistorikus en redakteur van die joernaal LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, Francis Galloway, het die oorgetikte tekste teen die oorspronklike dokumente geproeflees en kontekstuele leiding vir die Umuzi-publikasie verskaf.

Die briewe is nie geredigeer en van verklarende aantekeninge voorsien nie.

Leon de Kock – skrywer, akademikus en bekroonde vertaler – is verantwoordelik vir die vertaling van Brink se briewe in Engels, terwyl die joernalis en digter Karin Schimke Jonker se briewe vertaal.

Die publikasie bevat ’n inleiding deur Willie Burger, professor in letterkunde aan die Universiteit van Pretoria.

Oordrukreg vir materiaal wat deur kopiereg beskerm word, is onderskeidelik deur Karina Brink en Greg Marsh namens die Ingrid Jonker Trust toegestaan. Die skrywersaandeel van die publikasie sal gelykop tussen die bestorwe boedel van Brink en die Ingrid Jonker Trust verdeel word.

Beperkte oplae van ’n spesiale uitgawe, waarvan elke eksemplaar genommer is, word ook in Afrikaans en in Engels gepubliseer.


» read article