Johann Rossouw vra: Wat staan voorstanders van Afrikaans as akademiese taal te doen?
Johann Rossouw het op Vrydag, 27 November die stigtingstoespraak gelewer tydens die amptelike bekendstelling van die Afrikaanse Alumni-vereniging.
Luidens ‘n verklaring op hul webtuiste is die doel van die Afrikaanse Alumni-vereniging “om as spreekbuis te dien vir diegene wat die voortsetting van uitnemende Afrikaanse hoër onderwys nastreef”. Die vereniging bestaan uit “lojale en besorgde alumni” wat bekommerd is oor onder meer “staatsinmenging, transformasie en die viktimisering en afskaling van Afrikaans by ons universiteite”.
In sy toespraak deel die Verwoerdburg-outeur sy waarnemings oor die toekoms van Afrikaans aan universiteite en vra wat voorstanders van Afrikaans as akademiese taal vandag te doen staan.
Rossouw kyk terug oor twee dekades se gesprekke oor Afrikaans en besin oor onder meer staatsinmenging en onvoldoende bevondsing, die FeesMustFall-beweging en die politieke wêreldkonteks waarbinne al die gebeure afgespeel het.
Lees die artikel:
Daar is een laaste punt om te maak oor die politieke wêreldkonteks waarbinne hierdie gebeure aan Suid-Afrikaanse universiteite vanjaar afgespeel het, veral met betrekking tot die FeesMustFall- en RhodesMustFall-bewegings wat Afrikaans en sogenaamde whiteness in die visier gekry het. Ek verwys na die feit dat op die dag nadat Maties se bestuurspan hulle omstrede dokument oor taal aan die US bekendgemaak het, ISIS se aanvalle op Parys plaasgevind het. Waarmee ons hier te doen het, is ’n nuwe geslag voorheen benadeeldes wat vir hul ouers se verraad teenoor hulle wraak wil neem op die nakomelinge van diegene wie se ouers hul ouers verdruk het. Die wyer politieke effek van die verdrywing van Afrikaans as akademiese taal uit die openbare universiteite is dat dit ’n verdoemende boodskap stuur oor hoe die huidige orde nie plek het vir minderheidstale nie, dat dit nie sy erns met diversiteit is nie, dat demokrasie bloot ’n vyeblaar vir sentralisme is en dat die 1994-akkoord van wedersydse erkenning tussen Afrikaner en Afrikaan toenemend misken word.
Boekbesonderhede
- Verwoerdburg deur Johann Rossouw
Boek se tuisblad
EAN: 9781415204009
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
» read article