Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

“Boeke kan jou verlei as jy hulle die kans gee” – Fourie Botha

“Om Afrikaanse boeke by Penguin Random House uit te gee is maklik. Ek is Afrikaans, ons bemarkingsmense is Afrikaans, en hoewel die Engelse grootkoppe min Afrikaans verstaan, verstaan hulle die Suid-Afrikaanse boekemark: ’n Afrikaanse roman het ’n baie beter kans om suksesvol te wees as ’n Engelse roman deur ’n plaaslike skrywer.”

ValsrivierDie Alibi Klub’n Huis vir EsterHuisies van papierWoudfonteinDie dag van die Lord

 
Só het Fourie Botha, fiksie-uitgewer by Penguin Random House, onlangs in ‘n onderhoud aan die gesoute boekjoernalis Elmari Rautenbach gesê. Sy het by hom gaan aanklop om uit te vind hoe hy dit regkry om Afrikaans steeds ‘n prioriteit te hou by dié enorme internasionale uitgewershuis.

Hy vertel ook meer oor sy werkswyse, betrokkenheid by die boeke, die dinge wat bepaal of ‘n boek in Afrikaans én Engels uitgegee word en wat hom as uitgewer gryshare gee.

Lees die artikel om te sien “wat maak al daardie bloed, sweet en trane die moeite werd”:

Wat maak ’n uitgewer grys?

Soveel boeke wat goeie verkope verdien, verkoop nie. Dit is ook swaar om te sien daar is so min mense wat werklik geesdriftig oor skrywers en boeke raak. Dit alles laat die bedryf krimp en affekteer die ondersteuning wat ’n mens vir skrywers kan gee.

En wat maak al daardie bloed, sweet en trane die moeite werd?

’n Boek in sy fisieke vorm met ’n mooi omslag, ’n mooi lettertipe en boekontwerp kan baie naby aan perfek wees. Boeke kan jou verlei as jy hulle die kans gee.

Boeke is waardevol. Boeke leer jou om lank te luister. Daar is baie dinge – ingewikkelde moeilikhede – wat lank neem om te begryp en op te los. Twiets is slegte oefening hiervoor.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment