Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

Ingrid Jonker – die mite, die mens: Elkarien Fourie besin oor die bekende digter

Vlam in die sneeuFlame in the Snow“Ingrid Jonker se lewe, en veral haar dood, oorskadu soms haar werk en kom telkens in die kollig in Suid-Afrika en in Nederland. As die belangrikheid van ’n digter aan die hand van haar invloed gepeil word, neem sy dalk ’n meer prominente plek in die Afrikaanse poësie in as wat haar oeuvre regverdig.”

Só voer Elkarien Fourie aan in ‘n akademiese artikel vir LitNet waarin sy besin oor die aansien wat Ingrid Jonker, een van die bekendste Suid-Afrikaanse digters, in die literêre samelewing beklee.

Fourie, wat oor ‘n meestersgraad beskik in Afrikaans oor die literêre feministiese biografie soos toegepas op Ingrid Jonker, stel in haar artikel ondersoek in na die problematiese aard van die biografie en kyk dan na die subtekste wat Jonker se lewensgeskiedenis kan belig, met spesifieke verwysing na Hans Christian Andersen se aangrypende sprokie van die rooi skoene.

Lees die insiggewende artikel wat poog om die mite en mens van Ingrid Jonker uit te pak:

’n Moontlike verklaring vir die feit dat verhale soos Jonker s’n lesers en toehoorders eindeloos fassineer, kan te vinde wees in verklarings soos dié van Van der Merwe en Viljoen (1998:177) dat die leser sy persoonlike begeertes deur fantasieë op die werk projekteer en deur transformasie word die individuele lesing tot algemeen aanvaarde temas omvorm. Alcorn en Bracher (1985:345) meen dat deurdat lesers traumatiese en ontstellende situasies in ’n onbedreigende konteks beleef, hulle gedesensiteer word en sodoende sterker teen die vrees uit die leeservaring kom. Hulle noem as voorbeeld Wordsworth se waarneming dat lees hom op ’n romantiese wyse vertroud gemaak het met die dood en daarom was dit vir hom nie so vreesaanjaend om as seun te sien hoe ’n lyk uit ’n rivier gehaal word nie. Hulle sê: “As Wordsworth’s experience indicates, a treacherous terrain is much less difficult to negotiate if one’s cognitive map has prepared one for the region’s existence and topography.”

As dit so is, kan die eie dood vir lesers minder bedreigend word wanneer hulle Ingrid Jonker se skynbaar vreeslose obsessie met die dood vanuit die veiligheid van ’n leunstoel beleef.

Die persona van Ingrid Jonker word verder onthul in die pasgepubliseerde Vlam in die sneeu: Die liefdesbriewe van André P Brink & Ingrid Jonker, saamgestel deur Francis Galloway, ook beskikbaar in Engels as Flame in the Snow: The Love Letters of André Brink & Ingrid Jonker vertaal deur Leon de Kock en Karin Schimke.

Lees ook:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment