Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

Die Alibi Klub deur Jaco van Schalkwyk benoem vir die 2015 Jan Rabie Rapport-prys

Open Book 2014: Afrikaanse voorlesing

 
Die Alibi KlubThe Alibi ClubJaco van Schalkwyk se debuutroman is vir die gesogte Jan Rabie Rapport-prys benoem.

Die Alibi Klub kom teen Francois Smith se Kamphoer en Stephanus Muller se Nagmusiek te staan vir die 2015 prys met ‘n kontantwaarde van R35 000. Die wenner sal op 19 November in Kaapstad aangekondig word.

Die Engelse weergawe van Van Schalkwyk se roman, The Alibi Club, is vroeër vanjaar vir die UJ Debuutprys benoem en het ook die langlys vir die 2015 Sunday Times Barry Ronge-fiksieprys gehaal.

Die Alibi Klub het in September verlede jaar by Umuzi verskyn en vertel die verhaal van ‘n jong Suid-Afrikaner wat homself in 1998 in New York vestig. Hy werk as ‘n kroegman in ‘n nagklub, The Alibi, waar hy verskeie karakters ontmoet.

Lees ‘n uittreksel:

The Alibi is ’n dive bar-hool. Die plek het geen sign nie. Al wat wys dat dit ’n bar is, is ’n neon Budweiser-sign wat in die venster hang. ’n Krom Guinness-sign hang langsaan. Die venster is ’n los stuk Plexiglas, twaalf voet breed en ’n halfduim dik, aan die raam vasgeplak met duct tape. Dit is meer ’n lens as ’n venster – verbuig van die sigaretrook, dof gekrap en vuil. Langs die venster lei drie steil sementtrappies af na ’n glasdeur met ’n dik houtraam. Almal val by The Alibi in. ’n Mens moet die deur met jou momentum teen ’n veer aan die binnekant oopwerk.

Wanneer die son skyn staan die deur oop, met ’n stuk tou aan ’n haak teen die muur vasgebind. Wanneer die tou breek, word ’n boks leë bierbottels gebruik om te keer dat die deur toeswaai. Drie gebreekte toue lel teen die muur. Dit is ’n sterk veer. Budweiser-bokse dissiplineer hom die beste. Budweiser se bokse is van kommersiële karton gemaak. Elke boks kom met vriendelike dragate aan die kante. Ander bierbokse gee binne ’n middag in. Leë bierbottels, party in bokse, staan teen die linkermuur tussen die deur en die counter gepak. Bo hulle draai ’n paar vrugtevlieë.

Die meeste van die bokse is oopgeskeur en struktureel mank. Dit is net die Budweiser-bokse wat oorleef.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment