’n Troostante soos min – Sally Andrew gesels oor Recipes for Love and Murder: A Tannie Maria Mystery
Sally Andrew se debuutroman het al wat leef en beef aan die gons. Internasionale uitgewers het bakhand gestaan om dit te kan uitgee, met Umuzi (‘n Penguin Random House-druknaam) wat die plaaslike eer gekry het.
Recipes for Love and Murder: A Tannie Maria Mystery vertel die verhaal van Tannie Maria – die sagte stem en vurige vroutjie van 50 agter die Klein Karoo Gazette se troostante-kolom. Dinge raak egter vinnig duister wanneer ‘n vrou in die omgewing vermoor word en Tannie Maria betrokke raak in die ondersoek … tot die verdriet van die aantreklike polisieman.
Elmari Rautenbach het by Andrew aangeklop om meer uit te vind oor Tannie Maria, haar resepte en haar manewales. Andrew verklap ook meer oor haar eksentrieke karakter se toekoms en neem ‘n raaiskoot oor haar boek se internasionale aantrekkingskrag:
Jy volg ’n kameelperd se spoor, sê jou eerste SMS, en die sein is nie watwonders nie. Dis nou in die natuurreservaat buite Ladismith in die Klein-Karoo, waar jy saam met die wildlewekunstenaar Bowen Boshier woon. Jy was ook tot nou bekend vir niefiksie, baie daarvan met omgewingsbewustheid as tema. Hoekom nou ’n roman?
Ek het begin voel ek brand uit; dat ek ’n rustyd nodig het van die ernstige werk waarmee ek besig was. Fiksie is vir my louter plesier. Ek voel of ek met woorde en temas speel, of ek só skoonheid en gevoelens oproep; ’n stukkie lewe skep.
Jou boek word op sy voorblad ’n “Tannie Maria Mystery” genoem. Dit laat dit soos ’n reeks klink. Is dit? En het jy van die begin af een beplan?
Aanvanklik was ’n reeks meer van ’n moontlikheid as ’n plan. (Ek self is mal oor die lees van reekse.) Maar toe ek Tannie Maria beter leer ken het, het ek besef sy gaan vir nog ’n rukkie met my wees …
Recipes for Love and Murder: A Tannie Maria Mystery word volgende Woensdag in Kalkbaai bekendgestel met Sandra Prinsloo as gespreksgenoot:
Lees ‘n uittreksel uit hierdie triomf van ‘n boek en luister na ‘n potgooi van Prinsloo se oudioboek-voorlesing:
Boekbesonderhede
- Recipes for Love and Murder: A Tannie Maria Mystery deur Sally Andrew
Boek se tuisblad
EAN: 9781415207574
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment