Ons is besig om ons verhouding met die werklike natuur te vervang: Henrietta Rose-Innes oor Green Lion
Henrietta Rose-Innes is een van die sterkste stemme in Suid-Afrikaanse fiksie. Haar jongste roman, Green Lion, het pas by Umuzi verskyn en gooi petrol op die vure wat brand rondom haar enorme talent.
Netwerk24 se Louise Ferreira het met Rose-Innes gesels tydens haar onlangse boektoer om meer uit te vind oor hierdie verhaal – waaroor dit gaan; wat die inspirasie was; waarop die titel sinspeel; hoekom museums, fossiele, oorblyfsels weer figureer in haar werk – en wat sy met Green Lion probeer sê.
“Ons is besig om ons verhouding met die werklike natuur te vervang met kunsmatige simbole en ikone,” het die skrywer onder meer vertel tydens die onderhoud.
Lees die artikel:
Green Lion speel af in ’n byna hedendaagse Kaapstad, maar een waar groot dele van Tafelberg afgesper is om die omgewing te probeer beskerm.
“Mense noem dit ’n spekulatiewe roman, en ek skat dit is, maar net ’n bietjie,” sê Henrietta Rose-Innes.
“Dit is ’n effens alternatiewe weergawe van Kaapstad, maar ek het net die werklikheid gevat en dit aangepas. En ek dink nie dis so spekulatief nie, dis ’n sterk moontlikheid.”
Boekbesonderhede
- Green Lion deur Henrietta Rose-Innes
Boek se tuisblad
EAN: 9781415206850
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment