Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

Bettina Wyngaard oor apartheid teenoor demokrasie: “Het empatie regtig so ’n kort raklewe?”

Vuilspel “Dit word toenemend moeiliker om tussen die apartheidsregime en die demokratiese bestel te onderskei.”

Só het Bettina Wyngaard onlangs in ‘n rubriek vir LitNet geskryf oor die gebeure van 6 Maart 2015 toe leerders van die Hoërskool Philippi protes aangeteken het oor die gebrek aan handboeke en voldoende klaskamerfasiliteite. Die polisie het die leerders met skokgranate weggejaag voor die gebou van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, ‘n aksie wat Wyngaard eerder van die apartheidregime sou verwag het.

Die Vuilspel-outeur is ontsteld dat die mense wat nou die onderdrukking doen kinders was tydens die 1976-protes. Sy verwys na Shakespeare se karakter Shylock in The Merchant of Venice en die varke in George Orwell se Animal Farm en sê: “Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.”

Lees die artikel:

Dis nie moeilik om parallelle tussen Shylock se wêreld en apartheid-Suid-Afrika, byvoorbeeld, raak te sien nie. Maar wat gebeur as die underdog, die oorhand kry en beheer oorneem? Shylock se haastige, selfs gretige reaksie om te doen wat aan hom gedoen was, is skynbaar nie vreemd nie.

Ek kon nog nooit kleinkry hoedat iemand wat self onderdruk was en aan eie bas weet hoe dit voel om verneder te word op grond van kenmerke waaroor jy geen beheer het, kan omdraai en dieselfde aan ’n ander doen nie. Het empatie regtig so ’n kort raklewe? Vergeet ons so maklik hoe ons moes suffer? Watter ander verklaring kan ons daarvoor kry dat mense wat self lank onder apartheid gely het, dade van xenofobiese haat pleeg? Dis nie wit mense wat die foreigners verjaag en hulle winkels stroop nie. Kan dit regtig wees dat al wat ons van jare se onderdrukking geleer het, is hoe om dit beter te doen aan ander?

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment