Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

“Madiba draai in sy graf om” – Bettina Wyngaard oor 2015 se staatsrede

Vuilspel “Madiba draai in sy graf om.”

Só skryf Bettina Wyngaard in ‘n artikel op LitNet waarin sy reflekteer op “die realiteit en drama van die 2015 staatsrede wat in Kaapstad afgespeel het”. Sy gaan voort en verduidelik waarom sy glo Suid-Afrikaners se stilswye en gebrek aan optrede oor belangrike goed gaan kort voor lank bose vrugte werp.

“Wat sê dit van ons dat ons vasgenael voor die TV sit om ’n atleet se moordverhoor te volg, terwyl Marikana na ’n paar dae vergete was?” vra Wyngaard, die outeur van Vuilspel – ‘n verhaal oor sterk vroue, bendegeweld en aanvaarding.

Lees Wyngaard se nadruklike artikel:

For to be free is not merely to cast off one’s chains, but to live in a way that respects and enhances the freedom of others – Nelson Mandela

Die Intelligensiediens blokkeer onwettiglik selfoonseine binne die parlement; LP’s se vryheid van spraak word met geweld onderdruk; staatsmasjinerie word openlik gebruik om ’n president wie se sell-by-date verby is, aan bewind te hou. Dis nie die onwaarskynlike plot vir ’n James Bond-fliek nie, maar die realiteit en drama van die 2015 staatsrede wat in Kaapstad afgespeel het.

Madiba draai in sy graf om.

Nkosi sikelel’ iAfrika (God bless Africa).

Ek wou aanvanklik mooi netjies en intellektueel praat oor die rule of law, oor ons grondwetlike bedeling, oor “points of order” en “questions of privilege”, oor die reëls wat gesamentlike sittings reguleer, oor die wetgewing rondom blokkering van selfoonseine. Dit raak egter nie aan die hart van die probleem nie; dit beskryf nie die siek gevoel wat ek ervaar het toe dinge Donderdagaand so totaal handuit geruk het nie. Toe sien ek Vrydagoggend die YouTube clip oor die uitsetting. Nice wees en die prentjie mooi probeer skilder is nie meer ’n opsie nie.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment