Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

Johnita le Roux: “Jou laaste geestelike tuisland is jou taal” (Potgooi)

Die engel en die bont beesSuzette Kotzé-Myburgh het op RSG se Skrywers en Boeke-program met Johnita le Roux gesels oor haar jongste roman, Die engel en die bont bees.

Die engel en die bont bees begin met ’n hofsaak waar die drie hoofkarakters aangekla word vir die onwettige ontginning van edelgesteentes. Uit hierdie gegewe ontspruit verskeie temas, onder meer identiteit, grondbesit, taalkwessies en die weerstand teen Afrikaans in die 1970′s.

Le Roux het vertel dat grond, grondstowwe en kultuur altyd deur taal verteenwoordig word. “Jou laaste geestelike tuisland is jou taal, en dat daar mense is wat dit doelbewus verlaat is natuurlik ook vir my ’n teer kwessie.” Kotzé-Myburgh het opgelet dat die skrywer omstrede stukke geskiedenis in haar roman bymekaar bring. Oor haar navorsing het Le Roux vertel dat sy veral Karel Schoeman se werk geraadpleeg het.

Die gesprek begin om 07:00. Luister na die potgooi:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment