Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

Uittreksel: Getuies is “skaarser as hoendertande” in Bettina Wyngaard se misdaadroman, Vuilspel

Vuilspel Namibiana Buchdepot het ’n uittreksel gedeel uit Bettina Wyngaard se spanningsverhaal, Vuilspel.

“Ek wens dat ons net één keer ’n straightforward saak kry waar al die getuies nugter, wetsgehoorsame burgers is wat die polisie graag wil help.”

In Vuilspel kom die hoofkarakter, kaptein Nicola de Wee, op ’n brandende voertuig af waarin ’n jong vrou die slagoffer is van ’n wreedaardige moord. De Wee en Peters, haar kollega, ontdek die verminkte lyk in ’n veld tussen gebreekte gloeilampe en gebruikte kondome.

Lees die uittreksel:

Peters se kneukels is wit op die stuurwiel. Die vangwa se kopligte gooi verwronge skaduwees oor die gras en die ruigte. “Ontspan, Peters.” Nicci probeer kalm klink, maar haar kollega se gespannenheid is aansteeklik. Sy sit haar hand op die dienspistool aan haar heup. Peters blaas sy asem stadig uit, voordat hy met merkbare inspanning sy skouers laat sak. “Dié ding dat die toneel so afgeleë is, is ’n mixed blessing, kaptein. Aan die een kant is daar nie baie foot traffic wat duurkom nie. Ons sal definitief leidrade kry. Maar aan die ander kant, getuies gaan skaarser as hoendertande wees.”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment