Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

Nadia Davids: Families is op soveel maniere die setel van alle literatuur

An Imperfect BlessingPhyllis Green het met Nadia Davids gesels oor haar debuutroman, An Imperfect Blessing.

“Ek wou ’n familieverhaal skryf, want ek dink families is die setel van alle literatuur op soveel maniere. Familie-dinamika is die een ding wat ons almal in gemeen het,” sê Davids. Green vra haar uit oor haar skryfproses en -roetines, die oorgang van korter tekste na romanskryf, kwessies wat sy in die roman aanraak en die inspirasie vir hierdie boeiende verhaal.

Oor haar wens vir haar lesers sê Davids: “Ek wil hê hulle moet ’n genotvolle ervaring hê. Hulle moet lag, huil en empatie voel en aangeraak voel deur die karakters en die storie.”

An Imperfect Blessing is die Dawoods, ’n uitgebreide Moslemfamilie in die Kaap, se storie en word deur twee tydslyne vertel. Die eerste tydlyn begin in 1993 en word deur die tienersusters Alia en Nasreen vertel. Deur hulle oë sien jy alles wat gebeur, hoe die verskillende familielede met mekaar oor die weg kom. Die ander tydlyn speel af in 1986 tydens die Noodtoestand en word hoofsaaklik vertel deur die susters se oom, Waleed. Hy is betrokke by die politiek, maar ondergronds. Sy vertelling verduidelik ook wat die politieke verwagtinge was van al die betrokkenes en hoe almal verskillend gereageer het op dit wat gebeur in die politiek. Nie net is politiek een van die tema’s nie, maar ook geslagkwessies en kultuur speel ’n groot rol in die verhaal. Wat die boek spesiaal maak, is die manier waarop die verhoudings geskets word, subtiele gebruik van ’n paar woorde skep ’n volledige prentjie van die eierdans tussen die karakters. Dis die gewone dinge waarmee die karakters besig is, skool gaan, werk, kos kook, na ’n familietroue gaan, ’n klub besoek – dis wat vorm aan die verhaal gee. Deur die gewone ervaar jy eintlik die ongewone. Dit kon net sowel my familie wees waaroor Davids geskryf het. ’n Verfrissende debuut wat jou lank tot nadenke stem.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment