Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

Antjie Krog se gedig oor Nelson Mandela: “Rougesang by dood van Mandela”

SkinnedBekroonde digter Antjie Krog, wat jare gelede by die Waarheid-en-versoeningskommissie gewerk het as radiojoernalis, het ‘n gedig geskryf oor die nuus van Mandela se afsterwe en die effek daarvan op die wêreld.

Die gedig is gegrond op David Cranmer Theko Bereng se gedig “Lithokhokiso tsa Moshoeshoe le tse ling”.

Lees Krog se huldeblyk aan Madiba:

Rougesang by die dood van Mandela

ondergronds het ’n rif geskuif
die aarde struikel
verward swik die son
toe sy asem hom verlaat het in die nag
het die sterre geduisel
want alles is verstrengel
wurgend aan sy dood
sy dood en die dood alleen
ineens is alles droef
asof ons in ’n groot skadu staan
asof glas deur ons breek
asof klip in ons splinter
asof ons gedagtes in fluisterende wanhopige groepe rondvlug
soos assegaaie in die grond bly vassteek

trillend

in Qunu weier die beeste vanoggend om uit die kraal te gaan
by Lusikisiki lê die visse na aan die oppervlakte
in Mvezo maak die korhane geen geluid nie

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment