Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

Nuut van Francois Loots: Rooi Jan Alleman, ’n roman oor die lewe van Bram Fischer

Rooi Jan Alleman Vandeesmaand verskyn François Loots se historiese roman oor Bram Fischer, Rooi Jan Alleman, by Umuzi:

Die klein Bram Fischer word gebore uit drome en beelde, met die geloei van Bloemfonteinse osse in die agtergrond. Hy sien die spoke van Paul Kruger en Jopie Fourie, asook dié van Hendrik Biebouw, die eerste Afrikaner.

In hierdie roman skryf François Loots ’n kreatiewe, fik­tiewe weergawe van Afrikaner-kommunis en struggle-held Bram Fischer se lewe. Die leser word gedompel in Fischer se leef- en gedagtewêreld, in die spanninge en avonture van die jong radikaal.

Saam met Fischer, gaan ’n mens ondergronds. Wat is ’n mens se diepste gedagtes wanneer jy jou vermom? Wanneer jy soos ’n verkleurmannetjie in nuwe identiteite moet inglip? Of wanneer jy tronk toe gaan?

Ná die strome drome, word Fischer geteister deur die demone van absolute eensaamheid. Maar wat deur alles bly staan, is sy onwrikbare liefde teenoor sy beminde Molly, wat hom kom verlos uit sy laaste droom.

Soms is dit slegs deur die lens van fiksie wat mens iets van die ware geskiedenis kan agterhaal.

Oor die outeur

François Loots het naby Prieska in die Noord-Kaap grootgeword. Hy studeer Engels, Duits en Sielkunde aan die Universiteit van Kaapstad en Unisa en werk in die onderwys, landelike ontwikkeling en in die gedrukte media. Hy is die skrywer van die romans Nagvoëls, Lente in Beijing en Die jakkalsdans. Nadat hy in die buiteland woonagtig was, woon en werk hy tans in Kaapstad.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment