Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

Bekroonde Bettina Wyngaard se tweede roman Vuilspel binnekort op die rakke

Vuilspel Bettina Wyngaard se tweede roman, Vuilspel, is ’n Verhaal oor sterk vroue, bendegeweld en aanvaarding.

Niemand spreek haar as Nicola de Wee aan nie. Vir Blackie, die kollega in wie se plek sy telkens bevorder word, is sy “ounooi”; vir Peters, wat onredbaar beenaf op haar is, is sy “kaptein”; haar priestervriendin Sally noem haar “Nic”. Dis net die Khayelitsha-stasiebevelvoerder vir wie sy “kaptein De Wee” heet.

Die nag toe hulle na ’n brandende voertuig uitgeroep word, kon kaptein De Wee nie droom dat dit Thandi se motor is nie, dat sy later haar grusaam verminkte lyk sou moes uitken, en watter verreikende uitwerking die moord op haar vriendekring sou hê nie. Allermins dat sy uiteindelik die ondersoek na die moord sou moes lei.

Maar om die agt moordenaars op te spoor en hul motief te ontrafel, is nie die enigste uitdaging waarvoor Nicci in hierdie ongewoon verweefde misdaadroman staan nie. Sy het self ’n geheim wat sy slim verdoesel. Tot die aand dat sy en Blackie en Peters ’n potjie maak.

Oor die outeur

Bettina Wyngaard het in Grabouw grootgeword en woon steeds in die Overberg. Sy het regte aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer, waar sy ’n BA en LLB behaal. Hierna werk sy as prokureur. Sy is bekroon met die Jan Rabie Rapport-prys vir haar eerste boek, Troos vir die gebrokenes.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment