Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

Hannes Haasbroek verklap ‘n geheim oor Bram Fischer (Plus: Meer oor Die Bram Fischer wals)

'n Seun soos BramTerwyl hy navorsing gedoen het vir ‘n Seun soos Bram, het Hannes Haasbroek uitgevind almal was oortuig dat die kommunis en apartheidstryder Bram Fischer veras is terwyl die wysie van “O Boereplaas” weerklink het. Selfs Die Vaderland het só oor die begrafnis berig met die opskrif “‘O Boereplaas’ toe Bram na die oond beweeg”.

Die waarheid is dat dieselfde wysie gebruik word vir die sosialistiese strydlied “The Red Flag”, wat reeds in 1889 in Brittanje gesing is. Dit is hierdie strydlied wat Fischer se dogter, Ilse Wilson, heimlik in gedagte gehad het toe sy die orrelis gevra het om dit te speel.

Dit is maar net een van vele staaltjies waarop Fischer afgekom het en wat in ‘n Seun soos Bram vermeld word:

By die onlangse viering van Mimi Coertse se 80ste verjaardag is haar beroemde vertolking van O Boereplaas weer telkens opgehaal of oor die radio gespeel.

Seker ook tereg, want die “plaaslied”, met sy hartroerende woorde deur C.F. Visser en verwerking deur die bekende Dirkie de Villiers, roer die hartsnare van vele.

‘n Toneelstuk oor Fischer se lewe, Die Bram Fischer wals, is by die onlangse Vryfees op Bloemfontein opgevoer. Harry Kalmer, die dramaturg, skryf in ‘n artikel in Rapport oor die navorsing wat hy moes doen voordat hy hierdie stuk kon skryf. Hy het onder meer van Haasbroek se ‘n Seun soos Bram gebruik gemaak. Hy het ook met Wilson, Hugh Lewin en Denis Goldberg gesels.

Die Bram Fischer wals word later vanjaar op Aardklop in Potchefstroom opgevoer. Dit sal ook volgende jaar by die Stellenbosse Woordfees en by die KKNK te sien wees.

Hoe pak ’n mens ’n toneelstuk oor ’n historiese figuur aan as die vriende en familie van so iemand – mense wat hom baie goed geken het – nog leef?

Dit is ’n probleem waarmee ek gekonfronteer is toe ek begin werk het aan my toneelstuk oor die Afrikanerkommunis, Bram Fischer (Die Bram Fischer wals, wat onlangs in Bloemfontein opgevoer is).

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment