Uittreksel uit Alfabet van die voëls deur SJ Naudé
SJ Naudé het reeds heelwat lof ontvang vir sy kortverhaalbundel, Alfabet van die voëls, waarmee hy verlede jaar gedebuteer het. Lees ‘n uittreksel uit die verhaal “Oorlog, bloeisels”, wat in die bundel verskyn, om te sien waarom resensente gaande is oor hierdie nuwe stem in die Afrikaanse literatuur:
’n Brose respyt, ’n wapenstilstand. Hy maak sy ma se bed met haar beste linne op. ’n Handgeweefde kombers, spierwit. Goed wat sy sedert haar troudag nog nooit gebruik het nie. Tot dusver slaap sy nog op die lakens waarop sy pa ’n paar jaar vantevore gesterf het.
Hy was haar hare. Elke halfminuut moet sy eers rus. Hy hou haar handspieël voor haar terwyl sy hare borsel en grimeer, vir die eerste keer in ’n week. Sy rus tussen elke beweging. Hy vee liggies met sy voorvinger oor haar bowang om die onderlaag in te skakeer. Sy dom vingers word slimmer.
Boekbesonderhede
- Alfabet van die voels deur SJ Naude
Boektuisblad
EAN: 9781415201459
Find this book with BOOK Finder!













Please register or log in to comment