Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

Hannes Haasbroek oor die verhouding tussen Bram Fischer en sy ma Ella

'n Seun soos BramHannes Haasbroek, skrywer van ‘n nuwe biografie oor apartheidstryder Bram Fischer, ‘n Seun soos Bram, skryf in Beeld oor die “verdraagsaamheid en liefde” tussen Fischer, wat ‘n leidende rol in die Kommunistiese Party geneem het, en sy ma, Ella, wat die nasionalistiese sentimente van sy pa, Percy, gedeel het. Haasbroek verwys na Ella se dagboekinskrywings en die briewe wat sy en Bram vir mekaar gestuur het om hul hegte verhouding te belig:

In Suid-Afrika se geskiedenis was daar gebeure wat families, vriende en kollegas uitmekaar geskeur het weens hul politieke sien- inge wat geen ruimte gelaat het vir dié van ander nie, hoe naby die bloed ook al geloop het.

Dink maar aan die Anglo-Boereoorlog en sy joiners; later die Rebellie van 1914, waartydens die oorlog se Boereleiers die rug op mekaar gekeer het. En dan was daar die Natte en die Sappe, en die dae toe die ondersteuners van die Nasionale Party en dié van die Suid-Afrikaanse Party, later die Verenigde Party, nie gehuiwer het om mekaar te lyf te gaan by openbare vergaderings nie.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Beeld

 

Please register or log in to comment