Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Umuzi

@ Sunday Times Books LIVE

SARIE gesels met Jenny Hobbs oor Kitchen Boy

Jenny Hobbs

Kitchen BoyJenny Hobbs het baie navorsing vir haar roman Kitchen Boy gedoen. Dié boek vertel die verhaal van John Joseph Kitching wat in die Tweede Wêreldoorlog geveg het en daarna vir die Springbokrugbyspan gekies is.

Gelukkig het sy kolonel Graham du Toit, ‘n afgetrede lid van die Suid-Afrikaanse Lugmag, teëgekom wat alles van vlieëniers en hul vliegtuie tydens die Tweede Wêreldoorlog weet. Hobbs gesels ook in SARIE oor rugby, haar karakters en die Franschhoek Litêrere Fees:

Wanneer het jy begin skryf en het jy ‘n ritueel?

My skryfspier was goed geoefen toe ek begin verhale neerpen het. Ek het eers begin skryf ná ongeveer 20 jaar as ‘n vryskut-joernalis, boekresensent en satirikus. (Ek het die eerste gereelde rubriek in Engels in Suid-Afrika, Blossom, in die tydskrif Darling geskryf.) Van 1978 tot 1982 as artikel-redakteur van ‘n nuwe tydskrif vir swart vroue, Thandi, het ek baie waardevolle ondervinding opgedoen en insig gekry in die lewe van baie buitengewone vroue wat ek ontmoet het. En nee, ek het nie ‘n spesifieke ritueel wanneer ek skryf nie. Ek lees die oggendkoerant saam met ontbyt en drink ‘n koppie suurlemoentee met heuning voordat ek by my lessenaar gaan sit en skryf. Ek doen dit elke dag.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment