Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Umuzi

@ Books LIVE

Read an Excerpt from Twee Dae in Mei

Twee dae in MeiJaco Fouché’s latest novel is centred around an unusual cast of characters who inhabit a place not often explored in contemporary South African letters. The lives of Twee Dae in Mei‘s handful of Alcoholics Anonymous regulars play out in Bellville, Cape Town.

Elna is an organiser – principled yet tolerant, and dedicated to the cause after a promiscuous drinking life. Jim dates her daughter. He is a lovable oaf who works as a barman but is generally unreliable and hasn’t stopped drinking. Robert is a lonely yet contented middle-aged man. He lives a decent and modest life, working as a street parking attendant, and enjoys sitting around all night in Voortrekker Road cafes, sipping – coffee of course.

So far, love hasn’t bumped into Robert there. He and his anonymous acquaintances live small, mostly quiet lives driven or haunted by past events. They spend their days and nights continually plugging holes that will never be filled – like Robert’s unrelenting memories of the little girl he once abused.

Excerpt from Twee dai in Mei (p. 80)

Jim het die hele dag niks gedrink nie en voel teen die laatmiddag nogal goed, hoewel ’n bietjie rusteloos. Hy is honger en braai hamburgers in ’n pan olie en eet dit op droë brood omdat daar nie margarien of tamatiesous in die woonstel is nie, kry toe ’n appel ook in. Dit is nie, glo hy, die alkohol wat hom so ’n rare dieet laat volg nie; daardie dieet is maar net te wyte aan die bietjie nalatigheid van ’n alleenloper. Soms vergoed hy daarvoor, gaan sit in ’n braaihuis en wurg ’n Griekse slaai saam met ’n bottel wyn af om ’n bietjie groenigheid in te kry.

Halfagt moet die funksie begin en sesuur skeer hy, versigtig om hom nie raak te sny en met die letsel ’n bietjie vermaak aan sy maats te bied nie. Dan gaan hy stort. Hy skeer altyd vóór hy stort, en nie daarná soos sommige mans wat die sagter baard verkies nie: die stort verseker dat hy nie skeerseep agter of in sy ore vergeet nie, iets wat hy geneig is om te doen.

Hy trek ’n donker pak met ’n strepie daarin aan. Hy het dit jare gelede gekoop vir ’n geleentheid toe hy strooijonker was by die troue van ’n vriendin wat hy toe nie weer gesien het nie. Die pak se lapelle kom te laag af vir die mode en daar is flappe oor die heupsakke, maar aan die pluskant pas dit hom nog steeds goed.

Book Details